Just Me From The Heart

As mamma net bietjie moeg raak....

Ek dink baie mamma's sal saam met my stem as ek die volgende se:

 

Motherhood is DEFINITELY NOT for the faint hearted............

 

Natuurlik is dit die beste gevoel op aarde om 'n ma te wees en dis natuurlik die GROOOOTSTE blessing ooit, maar dit kan baie draaaaaaaaaaaaaiiiiiiiiiiiining word. Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek verruil my vuil gesiggie monsters vir absoluut NIKS in die wereld nie, en elke dag is 'n eer om hulle mamma te wees, maaaaaaaaaaar, dit raak uitputtend man!

 

Huis skoon hou, kos maak (seker maak dis gesond en gebalanseerd), kinders wat moan, aanmekaar raas - sit neer, los uit, kom weg, klim af, spoeg uit, hou op - pappa wat aandag soek, honde se pap maak, bottels steriliseer, kids se skool sakke pak vir die volgende dag, been en onder arm hare skeer, hare was, vinger en toon naels paint (ja ons moet mos nog mooi en sexy bly vir ons "beter helfde" ook, swot (vir die super moms wat dit ook nog kan aanpak) the list goes on!

 

Dis uitputtend en niemand kan jou grieve gee as jy soms net voel jy bly nie voor nie! Toe kyk ek nou die dag 'n fliek - MOM'S NIGHT OUT - gaan oor 'n mamma wat maar voel soos ons almal soms voel, MOEG!

 

Lang storie kort, einde van die fliek besef mens die volgende - GOD MAAK NIE FOUTE NIE - Hy het ons elkeen se kind(ers) vir ons gegee vir 'n rede! Vir JOU daai spesifieke een, twee, drie...! Ek dink ons probeer te hard om perfek te wees. Vra onsself af - "Wat gaan gebeur as ek bietjie skiet gee op disipliene, gaan my kinders wash-outs word, wat as ek minder worry oor ELKE LIEWE AAND 'n gebalanseerde maaltyd voorberei, gaan hulle skeurbuik kry?"....

 

Kom ek vra julle die - Wat as ons minder worry om perfek te wees, en net ons self is???? Pretty amazing picture huh?....

 

Soooooo moral of the story dames - WEES NET JOUSELF, GOD SAL SORG VIR DIE RES!!!

 

Lekker dag verder en luv u x