Just Me From The Heart

Anything from goggas to kids!

Mamma nommer 1...!

So vandag se stukkie gaan oor my eerste ma. Ja, jy lees reg, ek is geseend genoeg om 2 ma's te he!

 

Daar is my biologiese ma wat na baie ure se kraam die lewe geskenk het aan my, haar 2de kind, wat menigde kere al die mal een genoem is :-) (alhoewel albei my susters ewe flippen kens is!!) lief julle xxx

 

Sy is die een wat - soos Antjie Krog dit fantasties opsom - die een is wat my groot gemaak het met haar krom, klein handjies, wat my elke aand op offer aan die Here, jinne man mens kry nie beter woorde om jou ma te beskryf as daardie gedig nie. Vir die wat dit nie ken nie, gaan google en lees dit asb! Hou die tissues naby want dis 'n ordenlike trane trekker!!!!

 

Deur dik en dun, bloed en sweet, het sy my en my 2 susters groot gekry! En ja, ek is seker dit was nie sonder God se hulp nie. Ek gaan niemand vandag verveel met my kinderlewe nie, maar dat sy ons steun pilaar was, is nou maar 'n feit!

 

Vir haar sal ek in my lewe nooit kan terug betaal vir alles wat sy vir my gedoen het nie. Ek probeer, maar elke ding wat ek doen vir haar voel maar net soos 'n klein druppeltjie in daai emmer van haar wat nooit leeg loop nie! Sy gee en gee en gee. Ek weet sy sal haar laaste sent vir haar kinders gee, en dit met 'n smile!

 

Nou dat ek self 'n ma is, is ek seker daar was dae wat alles net te veel vir haar geword. Dae wat sy gevoel het sy gaan weg hol! Vergeet van 'n tas pak vrou, hol net!!! Kan nie dink dit was maklik om 3 hormoon belaaide tiener meisies groot te kry nie! En kyk ons het haar opdraende gegee!! Sy het haar sout verdien, elke pond daarvan! Want kyk wat is ons vandag! Ek is nie groot kop as ek dit se nie, maar ek en my 2 sussas het wonderlike vrouens geword wie se koppe heeltemal reg aangeskroef is!!! En wie het die spanner vasgehou om seker te maak dit gebeur - my ma natuurlik!!!

 

Terug na die punt, sy het nie weg gehol nie! Sy het opgestaan, haar trane afgevee en die bul weer by die horings gepak. Hoe dankbaar is ek darem nie dat sy nog vandag hier is nie. Alhoewel 'n hele 1500 kilo's ver, is sy nog op aarde en net 'n oproep ver! Ek bel haar te min, ek besef dit nou. Gaan haar sommer nou bel sodra ek hier klaar getik is! Hoe se hulle, maak vandag tyd vir jou geliefdes, more is dalk net te laat! Wens net sy was nader om bietjie te babysit sodat ek kan slaap - nee grappie julle - wens was sy nader sodat ek haar elke dag 'n drukkie kon gee!

 

As ek een wens kon he, sou ek wens om so 'n goeie ma vir my 2 seuns te wees soos wat sy was vir my. Dat hulle eendag so baie respek vir my kan he, met so baie bewondering na my kan kyk! Ek dink nie sy besef dit nie, maar sy is my rug murg! Oor die ander "dele" van my liggaam sal ek op 'n later stadium blog, maar vandag gaan net oor my rug murg!

 

Sy hou my regop, gee my raad, berispe wanneer dit nodig is, praat soms te hard die waarheid (wie wil nou ooit die waarheid hoor ne), sy se dit soos dit moet wees en ek is dankbaar daarvoor!

 

Ek ken haar hart, haar pyn. Fisies en emosioneel. Haar liggaam doen haar hart en siel nie justice. En ek bid elke aand vir haar, maar God weet wat haar pad behels. En ek weet sy vertrou op Hom. Haar hart is waar hy moet wees en klop soos hy moet, voel soos hy moet! Haar hart pomp goud, ek is seker daarvan!

 

Om af te sluit, ek is 110% trots op wie ek is vandag, want ek is sy! Ek is murg en been my ma se kind en sou dit nie anders wou he nie! So vir die van julle wat al julle ma's afgestaan het aan die dood, hou vas aan daai herhinnering - ons lewe op aarde is kort, eendag sal julle mekaar weer in die hemel ontmoet!

 

Vir die wie se ma's baie naby aan julle bly - vir julle wil ek die hardste preek - waardeer dit!!!!!!!!! Al maak sy jou totaal en al van jou kop af, waardeer dit!! Ek wens elke dag my ma was nader sodat sy my kan mal maak!! xxxx

 

PS: More vertel ek julle van mamma nommer 2! x